Ons het nie sulke bedrywe nodig nie

Letter By:Anti-CoAL (Musina)
Date: 20 August 2010

Die voorblad artikel “Green Scorpions halt CoAL” het betrekking.

Geluk aan die Groen Skerpioene en die Departement van Omgewingsake vir hul dapper optrede om uiteindelik die Departement van Mineraal en Energiesake en mynmaatskappye aan te vat en die verkragting van ons omgewing en hulpbronne stop te sit!

In Afrikaans is daar ‘n spreekwoord wat lui: “kierangtjies braai” en dis presies wat hier gebeur het. Deskundiges, met jarelange ondervinding in die mynbou en ontwikkelingsveld het van die begin af vir CoAL gewaarsku dat hulle nie halsoorkop kan begin met steenkoolmyne in die provinsie nie. Hul openbare deelnameproses en afgewaterde omgewingsimpakverslae was maar net gedoen om die Departement van Mineraal en Energiesake gelukkig te hou ten einde ‘n mynlisensie te bekom. Oor die mense en omgewing het hulle egter min omgegee. Dit kon van die begin af duidelik gesien word in hul arrogante houding van “Ons gaan hier steenkool myn en basta met die res!” Meeste van die kommentaar, kritiek en openbare teenkanting is doodeenvoudig van die tafel af gevee. Alhoewel hulle male sonder tal gewaarsku is dat hul nie kan voortgaan met hul bedrywighede sonder die nodige waterlisensie en goedkeuring van die Departement van Omgewingsake nie, het die maatskappy hul bloot nie daaraan gesteur nie – “Ons het mos ‘n mynlisensie, so ons kan doen wat ons wil!” Julle kierangtjies het uiteindelik gebraai!!!

Alhoewel die voorlopige toemaak van die Vele-myn ‘n groot oorwinning vir omgewingsgroepe en die grootste gros van die plaaslike gemeenskap is, is hierdie maar net die eerste veldslag in ‘n lang oorlog wat voorlê. Buiten die feit dat CoAL alles in hul vermoë gaan doen om Vele weer oop te maak, is hulle ook alreeds besig met ander mynaktiwiteite noord van die Soutpansberg, onder andere die Makhado Colliery projek. Ek vermoed dat hulle hier met dieselfde onwettige aktiwiteite besig is en die Groen Skerpioene moet daar ook ‘n draai gaan maak en dinge stopsit voor hul nog onherstelbare skade aan die omgewing aanrig.

Hopelik sal die Departement van Omgewingsake hul sterk standpunt teenoor CoAL en ander mynmaatskappye voortsit en ander myne wat onwettige bedryf word, toemaak. CoAL en ander maatskappye wat slegs op winsbejag uit is en nie ‘n duit omgee vir ons land, sy mense, wette en omgewing nie behoort verbied te word om enige besigheid in Suid-Afrika te doen! Ons het nie hul besigheid nodig nie en dis beter dat hul terugkeer na die “Australian Outback” waar hulle hoort!!

(2010/08/20)
Ons het nie sulke bedrywe nodig nie
(2010/08/13)
What happened to Ubuntu in our township schools?
(2010/07/23)
"Almal moet hierdie optrede veroordeel"
(2010/07/09)
"Hulle breek ons kinders se spoed"
(2010/05/21)
"Nuwe direkteur is besig om verkeerde perd op te saal"
(2010/05/21)
"One is inclined to question his line of thinking"
(2010/04/30)
"Be very wary of these quasi-cops"
(2010/04/30)
Langste vullishoop in Suid-Afrika?
(2010/04/23)
Laat die geveg in Sy goeie hande
(2010/04/23)
Voorval het niks met ras te doen gehad nie
(2010/04/16)
Word wakker en staan saam
(2010/04/09)
Vra om verskoning vir julle "siek" Aprilgrap van verlede week
(2010/04/09)
Wie is verantwoordelik vir dié hartaanvalle?
(2010/04/09)
The truth regarding the Masangani claim ...
(2010/03/26)
Your article was an insult to every reader...
(2010/03/26)
Wiekie groet landbou-unie, maar sal staatmakers onthou
(2010/03/19)
"Your story is not balanced"
(2010/03/05)
Dank die Here vir ‘n woonplek soos hierdie
(2010/02/26)
“Hoort ek in hierdie tipe Afrika?â€
(2010/02/12)
“Blaas jou vuvuzela liefs in Pretoriaâ€
(2010/02/12)
Ek wag nou ook op ‘n verskoning
(2010/02/12)
“Vrou, dink eerder aan jou dogterâ€
(2010/02/05)
Skaam om blanke Afrikaner te wees
(2010/02/05)
Waar is die verkeersmense?
(2009/12/18)
“May you have the joy of decencyâ€
 
Opinion Poll

Businesses in Louis Trichardt CBD are upset over loss of revenue during the recent Air Force parade in town. Do you think they are overreacting?