ADVERTISEMENT:

 

Belastingbetalers en selfs hul kerk bly tjoepstil hieroor

 

Mnr. Frans van der Merwe van Louis Trichardt, skryf:

Reg in die middel van Louis Trichardt beskik ‘n groot bank oor veilige kelderparkering onder die bankgebou.

Om die uitgang van voertuie veilig en ordelik te reël, het die plaaslike munisipaliteit, met die geld van plaaslike belastingbetalers, ‘n belangrike verkeersteken by die straatingang opgerig.

Dié beveiligende verkeersteken is met aborsieplakkers heeltemal onherkenbaar en onleesbaar vernietig. Die munisipaliteit en die plaaslike polisie dra kennis van dié voortgesette beskadiging van die belastingbetalers se eiendom en beveiliging in die res van die dorp.

Individuele belastingbetalers het dié en tientalle ander van hul gesamentlike eiendom probeer beveilig deur die ongemagtigde plakkers te verwyder. Volgens ‘n berig in u koerant is die belastingbetalers deur ‘n plaaslike polisiewoordvoerder gewaarsku dat hul pogings “onwettig” is! Hulle moet dit staak!

Intussen is daar geen teken sigbaar dat die polisie of die munisipaliteit enigiets doen om die onregmatige verkragting van amptelike toerusting te beëindig nie. Besmette pale oral langs die dorpstrate getuig hiervan. Die munisipaliteit se enigste sigbare optrede teen die skade is die jaarlikse verhoging van belastinggeld: En die dorp se belastingbetalers, hul politieke verteenwoordigers en selfs hul kerk is oënskynlik tjoepstil oor die voortgesette regsverkragting, wat die dorp se voorkoms ‘n bespotting maak vir ordentlike besoekers.

Letters - Date: 17 January 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: