ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Beweerde molesteerder weer vas na jaar

 

Die lang arm van die gereg het weer ‘n man wat daarvan verdink word dat hy ‘n meisie gemolesteer het, ingehaal.

Die 42-jarige man, wat nie geïdentifiseer kan word nie aangesien hy nog nie gepleit het nie, is in Upington vir ‘n tweede keer vasgetrek.

Die man het Maandag (13/02) in die Streekhof in Louis Trichardt verskyn op ‘n klag van verkragting en seksuele aanranding. Hy is in Mei 2010 gearresteer, nadat sy stiefdogter, nou 15 jaar oud, die klagte teen hom gebring het. Die man is getroud met die kind se ma.

Dié klagte teen die man het betrekking op ‘n voorval waar hy die meisie na bewering onsedelik aangerand het en daarna by meer as een geleentheid probeer het om haar weer te molesteer.

Na sy inhegtenisname is die man op R2 000 borg vrygelaat. 'n Lasbrief vir sy arrestasie is egter in Februarie 2011 uitgereik. Dit het gevolg nadat sy prokureur op die 18de van daardie maand van die saak onttrek het, omdat hy geen instruksies van die man ontvang het nie en ook nie geweet het waar die man hom bevind nie.

Tydens die man se hofverskyning Maandag het hy aangevoer dat hy ekstra werk in Upington gaan doen het om geld te kry om sy prokureur te kan betaal. Hy het verder gesê  dat hy ook in Vereeniging gearresteer is weens ‘n “ander misdryf.” Die man is glo later onskuldig bevind aan hierdie misdryf.

Die man is borg geweier en moet weer op 28 Februarie in die hof verskyn. 'n Prokureur van die Regshulpraad sal vir hom aangestel word.

“Intussen bly jy in aanhouding, sodat jy nie weer in Upington kan verdwaal nie,” het die landdros gesê.

News - Date: 20 February 2012

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: