ADVERTISEMENT:

 

generic image

Sakemanne deur "verkeerspolisie" oorval

 

News  Date: 16 March 2012

 

Vyf rampokkers wat hulleself vermoedelik as verkeersbeamptes voorgedoen het, was betrokke by 'n gewapende aanval op insittendes van 'n voertuig in Louis Trichardt.

Personeellede van 'n sakeonderneming in Musina is verlede Vrydag by hul terugkeer in Louis Trichardt deur die gewapende rowers oorval. Die vyf personeellede, wat verbonde is aan 'n groothandelsaak op Musina, is Vrydagnamiddag omstreeks 18:30  digby 'n woning in Elandsraat van die pad afgetrek deur vyf mense in 'n sedanvoertuig wat soos 'n verkeersvoertuig sy ligte geflits en 'n blou lig vertoon het. Kort daarna is die personeellede van hul selfone en beursies beroof, nadat hulle deur die gewapende rampokkers aangerand is.

"Ek het gedink dis verkeerspolisie toe die sedanvoertuig ons van agter injaag in Elandstraat en ons beduie om af te trek," het  die bestuurder van die bakkie (wat versoek het om nie geïdentifiseer te word nie, weens veiligheidsredes) vandeesweek in 'n onderhoud gesê.

"Die voertuig het langs my gestop en die een man wou weet waarom ek so vinnig in die dorp jaag. Ek  het gesê ek het nie vinnig gery nie. Toe spring hy uit sy voertuig en kom na my venster en sê hy sal my wys hoe vinnig ek gery het. Hy druk toe 'n 9mm-pistool teen my nek, gryp die voertuig se sleutels, sit dit in sy sak en beveel my om doodstil te sit, voor my te kyk en  "alles" uit te haal en te oorhandig. Ek het gesê ons dra nie geld by ons nie. Toe begin hy my slaan, in my gesig, op my mond en in my ribbes. Die ander rowers het die mense agter in die bakkie ook te lyf gegaan en geld geëis. Hulle het al ons beursies, ons selfone, ons lunch boxes en selfs die gymbags agter op die bakkie gevat. Nie een van hulle was gemasker nie. Hulle was in  privaatklere en het  weerkaatsende oorbaadjies soos die polisie s'n gedra."

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines