

ADVERTISEMENT:

News Date: 30 April 2012
Jacques Nieuwhof van Louis Trichardt het Sondag sy 34ste verjaarsdag in die hoësorgeenheid van die provinsiale hospitaal in Polokwane gevier.
Nieuwhof is steeds in die hospitaal, nadat hy ernstige beserings opgedoen het in ‘n motorfietsongeluk op die N1-suid op 2 April.
“Dit is wonderlik om te sien hoe hy by die dag beter word,” het Nieuwhof se pa, Jan, Dinsdag gesê.
Jacques word sedert sy ongeluk onder sterk verdowing gehou. Hy moes twee operasies ondergaan om sy oogbank en wangbeen, wat versplinter is, te herstel en ‘n pen in sy regterbeen te kry. Na die operasies het Jacques nog gesukkel met vog op die longe en was hy tot die naweek nog gekoppel aan ‘n asemhalingsmasjien.
Volgens Jan het Jacques verlede Dinsdag vir die eerste keer werklik bygekom, nadat medici sy pynmedikasie begin verminder het. Teen Maandagmiddag het dit al soveel beter gegaan met Jacques dat hy ook van die asemhalingsmasjien ontkoppel is. Teen druktyd het hy op sy eie asem gehaal.
Intussen “praat” Jacques met sy ouers deur ‘n verpleegster by die hospitaal wat kan lippe “lees”.
“Hy wil net weet wat gebeur het en hoe lyk sy motorfiets,” vertel Jan. Hy kon teen Dinsdag nie bevestig hoe lank sy seun nog in die hoësorgeenheid sal wees nie.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
