ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Groenewald-saak uitgestel tot Oktober

 

News  Date: 07 May 2012

 

Sakeman Dawie Groenewald en sy 10 mede-beskuldigdes se regspan het tot Oktober uitstel gevra om hul verdediging in orde te kry.

Groenewald en sy  medebeskuldigdes het weer verlede Dinsdag vlugtig in die Musina Landdroshof verskyn op klagte wat verband hou met beweerde grootskaalse renosterstropery.

Hulle is gedurende September 2010 in hegtenis geneem. Die ander beskuldigdes is Groenewald se vrou Sariette (35), twee veeartse van Modimolle, Karel Toet (47) en Manie du Plessis (38), Toet se vrou Marisa (39), Nardus Rossouw (43), Tielman Erasmus (34), Dewald Gouws (26), Paul Matoromela (62) en Jacobus Marthinus Pronk (49).

Dié 11 is in Oktober verlede jaar aangekla op 1 872 klagtes, wat ondermeer insluit permit-oortredings, geldwassery, onwettige jag en die handel in en die verkoop van renosterhorings, asook oortredings van die Wet op Biodiversiteit en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Daar is ook aanklagte wat verband hou met die onwettige besit en vervoer van olifanttande, pogings tot regsverydeling en die onwettige jag van ‘n luiperd wat teen hulle gebring word.

Tydens hul verskyning verlede week het die hof hul saak uitgestel tot 19 Oktober, sodat daar ook 'n Hooggeregshofdatum vasgestel kan word.

Groenewald, wat die eienaar van Out of Africa Adventurous Safaris is, word volgens die klagstaat daarvan aangekla dat sy besigheidsaktiwiteite wettige en onwettige bedrywighede ingesluit het. Hy en sy medebeskuldigdes sou glo renosters onwettig onthoring, gejag en onwettig besit of verkoop het.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines