ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Dooie vrou in swembad geïdentifiseer

 

News  Date: 17 May 2013

 

Die jong vrou wat verlede week glo vermoor is en wie se liggaam in ‘n swembad op Lugmagbasis Makhado gevind is, is vandeesweek geïdentifiseer as die 21-jarige Aluwani Phale.

Phale se halfnaakte liggaam is verlede Dinsdag (7de) ontdek deur ‘n skoonmaker.

Haar kêrel, Thema Skosana (27), is in verband met haar dood in hegtenis geneem en is die daaropvolgende dag vlugtig voor die Louis Trichardt Distrikshof gebring waar hy van moord aangekla is. Hy is nie gevra om te pleit nie en sy saak is uitgestel tot 16 Mei (vandag). Skosana sou na verwagting dan ‘n borgaansoek bring.

Verskeie navrae aan LMB Makhado om meer besonderhede beskikbaar te stel rondom die voorval het teen druktyd steeds onbeantwoord gebly.

Volgens die Makhado polisie is Skosana ‘n luitenant in diens van die Lugmag. Teen druktyd was dit nog nie bekend of Phale ook verkrag is voordat sy vermoor is nie.

Phale se familie was gebroke en ontroosbaar met die nuus van haar dood. Sy was ten tye van haar dood besig om haar matriekjaar te voltooi by die Maneledzi Hoërskool in Madombidzha. Sy word komende Saterdag begrawe.

 

LEES OOK:

23 Mei 2013 - Skosana is nie ‘n lugmagoffisier nie

31 Mei 2013 - Skosana weer in hof oor vrou se dood

31 May 2013 - Women’s forum oppose bail in murder case

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines