ADVERTISEMENT:

 

Die 27-jarige Tema Skosana, afgeneem tydens sy hofverskyning verlede Vrydag in die Louis Trichardt Distrikshof.

Skosana weer in hof oor vrou se dood

 

News  Date: 31 May 2013

 

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die 21-jarige Aluwani Phale op LMB Makhado vermoor het, is nog steeds in aanhouding.

Thema Skosana (27), of Roos soos baie hom ken, het weer verlede Vrydag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op 'n aanklag van moord. Hy sou na verwagting ‘n borgaansoek bring, maar die staatsaanklaer het vir uitstel gevra, omdat Phale se nadoodse verslag nog nie afgehandel is nie. Die aanklaer het aangedui dat hy dié verslag wil gebruik tydens Skosana se borgaansoek as ‘n bewysstuk teen hom.

Phale se liggaam is op 7 April, glo half naak, in ‘n swembad in die Braambos-behuisingsarea op die lugmagbasis gevind. Skosana, wat glo Phale se kêrel was, is kort na die gru-ontdekking in hegtenis geneem en is sedertdien in polisie-aanhouding.

Skosana se saak is ná sy hofverskyning uitgestel tot 5 Junie om die Staat kans te gee om die nadoodse verslag te bekom en te bestudeer. Tot dan bly hy in aanhouding.

Lees ook:

31 May 2013 - Women’s forum oppose bail in murder case

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines