ADVERTISEMENT:

 

‘n Oomblik om op trots te wees … Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep het met hul verhoogproduksie Ink algeheel tweede geëindig tydens die ATKV Tienertoneelfees se streeksfees wat die afgelope week in Potchefstroom beslis is. Ink is ook Maandag aangewys as een van die Top 20 stukke wat deurdring na die nasionale finaal van die kompetisie in Oktober. Voor is Xander Venter en Wilné Kotzé. Agter, van links na regs, is Jannes Erasmus (ATKV), Tshepo Mtsweni (Ink beligting), Marcel van Niekerk (Ink skrywer en beligting), prof. Marie-Heleen Coetzee (ATKV), Wilhelm van der Walt (ATKV), Danika Malan, Ziamay Malan en Nico Scheepers. Foto verskaf.

Triegies se tienertoneel skitter op die ATKV verhoog

 

Hoërskool Louis Trichardt se toneelstuk Ink het die afgelope naweek alle verwagtinge oortref en weereens die skool se naam gevestig as een van die top skole wat toneel betref.

Die skool het vanaf 27 Augustus tot 1 September deelgeneem aan die ATKV Tienertoneel se Potchefstroomse streeksfees. Die ATKV Tienertoneel is die grootste toneelkompetisie in die land, met ongeveer 200 stukke wat vanjaar deelgeneem het in die 11 landswye streeksfeeste.

“Die Potchefstroomse streeksfees was vanjaar so sterk dat, in plaas daarvan dat vier stukke deurgedring het na die streeksfinaal, is ses stukke deur na die finaal. Ink van Hoërskool Louis Trichardt het tweede gekom by die streeksfinaal en het in totaal vyf silwer  sertifikate ontvang,” het die toneelgroep se regisseur en afrigter, Marcel van Niekerk, Dinsdag gesê. Die wenproduksie was WAT?! – ‘n Absurde drama deur Hoërskool Eldoraigne, met Potchefstroom Gimnasium se produksie Dierepubliek in die derde plek.

Triegies se toneelgroep het silwer sertifikate ontvang vir algemene hantering van tegniese elemente, spesiale effekte, produksie, en een elk vir spel vir Ziamay Malan en Wilné Kotzé.

Meer indrukwekkend as die silwer sertifikate is die toneelgroep se nege goue sertifikate wat hulle ontvang het. Marcel het self ses van hierdie goue sertifikate ingepalm vir regie,   choreografie, nuutgeskrewe teks, beligtingsontwerp, stel en dekor en klankbaan. Wilné het goud ontvang vir verhoogbestuur, terwyl Danika Malan en Xander Venter elk ‘n goue sertifikaat ontvang het vir spel.

Triegies se tweede plek Saterdag was nie die einde van die toneelgroep se goeie nuus nie. ATKV Tienertoneel het Maandag die Top 20 stukke aangekondig wat gaan meeding in die nasionale finaal in Roodepoort vanaf 1 tot 5 Oktober. Ink het deurgedring na die finaal, waar hulle gaan kompeteer teen hoërskole Noordheuwel, Zwartkop, Eldoraigne, Martin Oosthuizen, Wilgerivier, Tygerberg, Helpmekaar Kollege, Gimmies Potchefstroom, Gimmies Windhoek, Affies Seuns en Bloemhof Meisies Hoër.

Hoërskool Louis Trichardt het 'n ryk geskiedenis by ATKV Tienertoneel. Dit het begin met oud-Triegie Nico Scheepers se briljante werk wat die skool se toneelgroep deurgesien het na vier nasionale finale, waarna Van Niekerk die leisels oorgeneem het en ses stukke met die skool gedoen het, waarvan drie na die nasionale finaal deurgedring het. Scheepers was vanjaar een van die beoordelaars by die streeksfees, saam met Wilhelm van der Walt, Cintaine Schutte en prof. Marié-Heleen Coetzee.

“Ek maak vanjaar met trots klaar met Hoërskool Louis Trichardt se toneel. Ons gesin verhuis na Amerika, waarheen ek tans beroep is. Dit was 'n groot voorreg om as oudstudent nog betrokke te kon wees by my skool. Elke jaar se stuk was 'n unieke reis waardeur ons almal se lewens verryk is. Ek sou nooit kon ophou nie, want dit is absoluut verslawend. Die vriendskappe, ervarings, blootstelling, en leerskool was ongelooflik!” het Van Niekerk Dinsdag gesê.

 

News - Date: 08 September 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: