ADVERTISEMENT:

 

Wyle Wouter Smit (34). Foto verskaf.

Skok oor skielike dood van jong man

 

Inwoners van die Soutpansberg het met skok en verslaenheid reageer op die nuus van die dood van een van die streek se bekende jong manne. Die 34-jarige Wouter Smit is op 18 Julie skielik oorlede, vermoedelik aan 'n hartaanval.  

Wouter Smit is op 31 Maart 1986 as een van ‘n tweeling in die Moedersbond in Pretoria gebore. Hy het grootgeword op Levubu en in 1993 sy skoolloopbaan begin by Laerskool Louis Trichardt en dit voltooi by Hoërskool Louis Trichardt.

Ná skool het hy eers na London in Engeland getoer. Met sy terugkeer het hy aangesluit by Bekker Bore & Pompe, waar hy die afgelope 10 jaar werksaam was. Hy was baie gewild onder sy kliënte en altyd bereid om te help. 

Wouter is in 2015 getroud met Soné Haasbroek, en twee dogters is uit die huwelik gebore. Hy was ‘n groot gesins- en familieman en onder die kinders was hy ‘n geliefde pa en oom wat van visvang, jag en krieket gehou het.  Sy positiwiteit in die lewe en sy jonkheid van gees was kenmerkend, en Wouter sal onthou word as ‘n persoon wat altyd omgegee het vir ander en ‘n helpende hand uitgereik het.

“Hy laat baie diep spore na en sal gemis word in die gemeenskap van Levubu en Louis Trichardt, asook deur sy familie en vriende,” het sy familie gesê.

Wyle Wouter word oorleef deur sy vrou Soné, dogters Lara en Aleah, ouers Gert en Helen, broers GH, TE en tweelingbroer Warno en suster Michelle.

‘n Roudiens vir onmiddellike familie en vriende van Wouter sal Saterdag, 25 Julie, vanuit die NG Kerk Levubu gehou word. Die diens sal ook lewend gestroom word op die Internet vir diegene wat dit nie kan bywoon nie weens die grendeltydregulasies.

 

News - Date: 23 July 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: