ADVERTISEMENT:

 

Die water het so hoog opgestoot dat slegs dele van die inligtingsborde sigbaar was.

VIDEO: Limpopo bars oor sy walle

 

Beeldmateriaal is vanoggend (29 Januarie) ontvang van die plaas Ratho op die grens van Suid-Afrika waar die Motloutse rivier uit Botswana by die magtige Limpoporivier aansluit.

Deurdringende reën oor Botswana, gevoed deur tropiese storm Eloise, het gesorg dat beide riviere hul oewers oorspoel. Die water wat in die videogrepe gesien kan word op die plaas, is water vanuit die Limpopo rivier. Die persoon wat in die videogrepe praat is mnr. Zane Langman.

Volgens Sandra Boshoff van Ratho Bush Camps en die krokodilplaas, het ‘n soortgelyke situasie feitlik tot op die dag agt jaar gelede ook ontvou op die plaas en daartoe gelei dat baie van hulle krokodille ontsnap het. “Die krokodille is die keer veilig. Die water is nie so hoog soos agt jaar gelede nie, maar soortgelyk aan die vloede van 2000,” het Sandra gesê.

News - Date: 29 January 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: