ADVERTISEMENT:

 

Calvin Lee (sewe A’s). Foto verskaf.

Triegies spog met 96 A-simbole te midde van moeilike jaar

 

Hoërskool Louis Trichardt se 2020-matriekklas het te midde van ‘n uiters moeilike akademiese jaar ‘n paar puik resultate opgelewer.

Die skool se 122 matriekleerlinge het in totaal 96 A-simbole ingeoes, asook 134 B-simbole. Ses-en-sestig van die kinders het vrystelling gekry vir graadstudies, terwyl nog 27 toelating gekry het om vir ‘n diploma te gaan studeer.

Die skool se top presteerder was verlede jaar se hoofseun Calvin Lee met sewe onderskeidings. Hy het A-simbole verwerf in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Geografie, Fisiese Wetenskap en Inligtingstegnologie.

Kort op sy hakke was Ruzelle Nortjé en Thembinkosi Mabasa elk met ses onderskeidings. Ruzelle kry onderskeidings vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde en Inligtingstegnologie, terwyl Thembinkosi onderskeidings inpalm vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap, Lewensoriëntering en Rekeningkunde.

Vier leerlinge spog elk met vier onderskeiding. Dominique Nel behaal onderskeidings vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewenswetenskap en Lewensoriëntering, terwyl Ian Deale onderskeidings kry vir Afrikaans Huistaal, Wiskunde, Lewensoriëntering en Inligtingstegnologie. Lynique Krüger, verlede jaar se hoofmeisie, kry onderskeidings vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering en Toerisme, terwyl Phathu Mudau wegstap met onderskeidings in Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Lewenswetenskap, Lewensoriëntering en Besigheidstudies.

Ses kinders behaal drie onderskeidings elk. Hulle is Johestie Muller (Afrikaans Huistaal, Lewensoriëntering en Toerisme), Louise Dekker (Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal en Lewensoriëntering), Faith Muthelo (Venda Huistaal, Lewensoriëntering en Besigheidstudies), Jennavieve Truter (Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering en Inligtingstegnologie), Karla Harris (Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal en Lewensoriëntering) en Zwivhuya Malitsha (Venda Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal en Lewensoriëntering).

News - Date: 25 February 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: