ADVERTISEMENT:

 

Wyle Johesta Otto (27) saam met haar vriend Estiaan Liversage (25). Die twee het op trou gestaan, met Estiaan wat nog net moes ouers vra. Teen druktyd was Estiaan steeds in die intensiewe sorgeenheid van die MedKliniek in Mbombela. Estiaan se ouer broer Zander is ook in die ongeluk dood wat Johesta se lewe geëis het. Foto verskaf.

Skok oor skielike dood van sprankelende Johesta

 

Familie en vriende se harte en medelye gaan hierdie week uit na Fanie en Loureth Otto, oud-inwoners van Louis Trichardt, wie se dogter, die 27-jarige Johesta, Sondagaand in ‘n motorongeluk oorlede is.

“Die skok was die groot storie gewees. Jy is nie voorbereid op so iets nie. Iemand wat stadig doodgaan in ‘n hospitaal, daarvoor kan jy jouself voorberei. Maar nie hiervoor nie! Die een oomblik kom my kind nog kuier. Sy sou nou, die 5de November, vir haar sussie se verjaardag gekom het en my verjaarsdag die 14de. Die kaartjies was al gekoop...” het ‘n erg bewoë Fanie Woensdag aan die Zoutpansberger gesê. Hy en Loureth was op pad terug na Louis Trichardt om die finale reëlings vir Johesta se begrafnis te tref.

Die ongeluk wat Johesta se lewe geëis het, het Sondagaand, 10 Oktober, plaasgevind. Johesta was saam met haar aanstaande, Estiaan Liversage (25), en dié se ouer broer Zander op pad terug vanaf Mbombela (Nelspruit) na Johannesburg, waar die paartjie gewerk het. Volgens Fanie het Johesta en Estiaan op trou gestaan en moes hy nog net kom ouers vra. Die trouring was blykbaar klaar gekoop.

In die Schoemanskloofpas tussen Mbombela en Belfast het ‘n nutsvoertuig ‘n vragmotor verbygesteek en die voertuig waarin Johesta, Estiaan en Zander gereis het tromp-op getref. Hul voertuig het daarna die afgrond af getuimel.

Beide Johesta en Zander is in die ongeluk dood. Estiaan, wat bestuur het, is ernstig beseer. Teen druktyd hierdie week was hy steeds in die intensiewe eenheid van die MediKliniek in Mbombela met verskeie ernstige frakture.

Johesta het nege jaar gelede by die destydse Hanglip CVO-skool gematrikuleer. Ná skool was sy vir lank werksaam met by die Lalapanzi Hotel, waarna sy sowat twee jaar gelede na Johannesburg verhuis het. Sy was baie geliefd en is deur haar vriende beskryf as ‘n ongelooflike sprankelende persoon. Ouers Fanie en Loureth het einde 2019 die Bosveld verruil vir George in die Kaap.

Wyle Johesta word oorleef deur haar ouers en suster Augusta. Sy sal op Donderdag, 21 Oktober, vanuit die Hervormde Kerk op Louis Trichardt begrawe word. Fanie het namens die familie sy dank uitgespreek teenoor almal se woorde van vertroosting in hierdie moeilike tyd.

 

News - Date: 15 October 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: