ADVERTISEMENT:

 

Tydens die algemene jaarvergadering van die Voorsittersvereniging op 2 April by die Bergwater Hotel is die hele vorige bestuur herverkies. Hier verskyn ‘n paar van die bestuurslede saam met die gasspreker. Van links is mnr. André Naudé (voorsitter), me. Inga Gilfillan (sekretaresse), mnr. Jaap Kelder (gasspreker, van die Nasionale Belastingbetalersvereniging), mnr. Frede-rick Eloff (tesourier) en mnr. Peter Menné (bestuurslid).

VV glo nie meer leë beloftes nie

 

News  Date: 17 April 2009

 

Die Voorsittervereniging (VV) het opgehou om vergaderings met die Makhado Munisipaliteit te belê. Dit kos te duur en van al die beloftes kom niks.

Dit is die mening van die VV. Die doel van die vergaderings van die VV met die munisipale bestuurder en die direkteure was om goeie korporatiewe bestuur te bevorder tot gemeenskaplike voordeel van die hele streek.

“Ons het dit by vele geleenthede op rekord geplaas dat dit die belastingbetaler meer as R150 000 kos om al die professionele en ander persone by hierdie vergaderings te kry,” het mnr. André Naudé gesê tydens sy voorsittersver-slag by die algemene jaarvergadering van die VV vroeër die maand. Die koste word bereken in terme van verlies aan inkomste en reiskoste.

Naudé het verder gesê dat hulle net mooi praatjies by die vergaderings hoor “en hoe belangrik ons as rolspelers is en beloftes dat ons die notules van die vergaderings en die aksieplanne sal ontvang, terwyl niks gebeur nie.” Hy het ook spesifiek verwys na die belofte van die Makhado Munisipaliteit om op 15 Januarie hierdie jaar aksieplanne en teikendatums te verskaf om swak dienslewering aan te spreek. Daar het niks van gekom nie. Daarna het die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging, wat ook lid is van die VV, die dispuut met die munisipaliteit hervat.

Hoewel vergaderings nie meer belê word nie, het Naudé beklemtoon dat die VV steeds aanhoudend veg vir goeie korporatiewe bestuur en versoening.

“Ons probeer om prosesse af te dwing, sodat korrupte praktyke uitgewis sal word,” het Naudé gesê.

Die VV het tydens die jaarvergadering die hele vorige bestuur herverkies en ook ‘n besluit geneem om mnr. Carel Breytenbach te koöpteer. Die lede van die vorige bestuur is mnr. André Naudé, me. Inga Gilfillan, mnre. Frederick Eloff, Peter Menné, Herman Smith, Dave Patel, JJ Gohell, Alex Smail, Fritz Ahrens en me. Melinda Prinsloo.

Die Makhado Munisipaliteit is gevra om kommentaar te lewer oor die VV se besluit, maar teen druktyd is nog geen terugvoer ontvang nie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines