ADVERTISEMENT:

 

Wyle Johan Jooste (39).

Massiewe beroerte eis jong man se lewe

 

News  Date: 14 May 2010

 

Die skielike dood van ‘n bekende jong besigheidsman van Louis Trichardt, mnr. Johan Jooste (39), het Maandag talle inwoners verslae gehad.

Johan, eienaar van Executive Protection Service op Louis Trichardt, het omstreeks 15:00 ‘n massiewe beroerte aanval gehad by sy kantoor in Landdrosstraat.

Johan se familie is onmiddellik ontbied, waarna hulle hom dokter toe geneem het. Hy is opgeneem in die Zoutpansberg Privaathospitaal waar sy toestand gestabiliseer is. Hy is kort hierna deur sy familie deurgejaag  na die Limpopo Medi Clinic in Polokwane.

Met sy aankoms daar was sy prognose nie goed nie. Johan was reeds in ‘n koma. Hy is om 21:20 oorlede, nadat sy hart gaan staan het.

Johan het in 1990 na Louis Trichardt verhuis waar hy werksaam was by die destydse Regal Security. In 1996 het hy en sy broer, mnr. Pieter Jooste, egter besluit om hul eie sekuriteitsmaatskappy, Wolfhound Security, te begin. In 2000 het Pieter ‘n pos aanvaar by die Zoutnet groep, waarna Johan sy eie besigheid, Executive Protection Service gestig het en bedryf het tot sy dood.

Johan was ‘n groot krieketliefhebber wat op plaaslike vlak die bynaam Zulu (vernoem na Lance Klusener) gekry het, want hy kon ‘n bal ver slaan.

Johan word oorleef deur sy ma Lilian (‘n bekende gesig by die plaaslike magistraatskantoor), pa Pieter, broer Pieter, suster Lilian, dogter Jessica en twee seuns Jason en Matthew.

‘n Roudiens vir Johan vind Vrydag om 11:00 vanuit Shammah Bediening (ou PPK-gemeente) te 50 Rissikstraat plaas.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle bygestaan het en steeds bystaan in hul tyd van hartseer. ‘n Spesiale dankie gaan Shaun O’Connor wat saam met broer Pieter by Johan se sterfbed in Polokwane gewaak het en Deon Svoboda van RRS Sekuriteit. Deon het sedert Dinsdag al Executive Protection Services se alarmsisteme oorgeneem en enige navrae in hierdie verband kan aan Deon gerig word by tel. 015 516 2448.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines