ADVERTISEMENT:

 

Die Gewone Wolfslang. Foto verskaf deur Theunis Victor.

Die Wolfslang klink gevaarlik maar is glad nie

 

Hierdie week kyk die Zoutpansberger bietjie na die klein slangetjie met die groot naam, die Gewone Wolfslang (Lycophidion capense).

Hierdie slang is redelik volop in die gebied en word gereeld in tuine en so af en toe in huise aangetref. Die mannetjie groei oor die algemeen tot so 30 cm of 40 cm, maar kan tot 60 cm lank word, terwyl die wyfies heelwat groter as die mannetjies is.

“Hierdie nagslang het geen gif nie en is konstriktors wat hulle prooi op soortgelyke manier vang as die luislang en bruinhuisslange. Hulle maak snags jag op geitjies en akkedissies,” het slangkenner Jan “Slang” van Rooyen gesê.

Volgens Jan kry die slangetjie sy volksnaam van sy tande af, wat redelik lank en teruggekrom is. “Hy sal sy lyf heeltemal plat trek as hy bedreig voel. Die rug van hierdie slang is gewoonlik donker bruin tot swart met ‘n wit rand om die skubbe wat dit ‘n gespikkelde voorkoms gee. Die maag is gewoonlik wit met swart vlekke,” het Jan gesê.

Ongelukkig word die slang dikwels aangesien vir ‘n Sypik slang. “Om veilig te wees, moet hom eerder nie optel nie. As die slang wel teëgekom word, laat hom eerder met rus. As hy in die huis is, kan hy maklik met ‘n besem uitgevee word. Maar as jy nou regtig benoud is, skakel eerder ‘n slangvanger om die slang te kom verwyder,” het Jan gesê.

Vir die verwydering van enige ongewenste slang kan Frikkie Venter geskakel word by tel. 082 058 7601. Vir meer inligting aangaande hierdie slang en ander, kan Jan geskakel word by tel. 081 217 9213.

 

News in brief - Date: 03 March 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: