

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 27 January 2012
Die Limpopo Blou Bulle Skeidsregtersvereniging het Saterdag hul jaarlikse bosberaad in Polokwane gehou en ook ’n welkome finansiële hupstoot vir die nuwe seisoen ontvang.
Mnr. Johan Parsons, die direkteur van die Canon Business Centre in Polokwane, wat die vereniging se hoofborg is, het bevestig dat Canon vanjaar hul vennootskap met die skeidsregters gaan voortsit. As deel van die drie-jaar-lange vennootskap het Canon verlede jaar nuwe uitrustings aan die skeidsregters voorsien. Vanjaar bestaan die borgskap uit geld.
Die vereniging het vanjaar ’n klompie nuwe lede bygekry en Canon se borgskap maak dit moontlik om ook aan hulle splinternuwe uitrustings te voorsien.
Parsons het weer bevestig dat dit vir Canon ’n voorreg is om by rugby betrokke te wees en dat die Limpopo Skeidsregtersvereniging hulle trots maak. Hulle sien uit na nog ’n seisoen, wanneer skeidsregters hul naam op die veld gaan dra. (LiN Media / Bulletin).

ADVERTISEMENT:
