ADVERTISEMENT:

 

Dendron gee Letaba pak

 

Sport  Date: 28 March 2013

 

Die Louis Trichardt Rugbyklub se Dendron-span het Saterdag Letaba se derdespan 'n behoorlike loesing gegee deur hulle 83-0 te klop.

Die Dendron-span het saam met Louis Trichardt se eerste- en tweede-spanne tuisveld voordeel geniet in hul tweede wedstryde van die jaar se Presidentsliga. Letaba se derdes het geen antwoord gehad vir die Dendron-span wat sommer met die afskop die drieë ingeryg het nie. Teen halftyd het Dendron reeds 45-0 voorgeloop.

Hierna het Louis Trichardt se tweedespan teen hul eweknieë van Letaba te staan gekom. Die besoekers het in die eerste 10 minute van spel twee drieë gaan druk en verdoel. Die tuisspan het vinnig hierop geantwoord en dieselfde gedoen. Net voor halftyd het Letaba nog punte aangeteken en die telling met halftyd was 14-21. In die tweede helfte moes Louis Trichardt se tweedes die aftog blaas en wen Letaba 14-28, nadat hulle nog ‘n drie aanteken.
Louis Trichardt se eerstespan het nie teleurgestel in hul wedstryd teen Letaba se eerstespan nie. Hulle reken 12-7 af met die besoekers.

Louis Trichardt en Dendron se spanne sal die volgende twee naweke rus, waarna hulle teen Noordelikes van Polokwane te staan sal kom.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines