

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 07 June 2013
Muurbalspelers van Polokwane het die afgelope naweek die botoon gevoer tydens die Limpopo Meesterstoernooi en met drie van die vier titels weggestap.
Die wedstryde is beslis op Louis Trichardt se bane en het 33 spelers van regoor Limpopo gelok. Die spelers het tydens die toernooi die geleentheid gehad om te kwalifiseer vir die Limpopospanne wat gedurende September aan die interprovinsiale kampioenskappe in Pretoria gaan deelneem.
Die damesafdeling is gewen deur Emmie van Zyl van Polokwane. Sy het Ronel Welman van Soutpansberg Muurbalklub in ‘n taai eindstryd geklop.
In die afdeling vir mans, 55 tot 59 jaar, was dit Cilliers Vosloo van Soutpansberg wat sy klubmaat, Willem van Wyngaardt, in die eindstryd geklop het. Charl van der Merwe van Polokwane het die 50-tot-54-jaar afdeling gewen en hy moes in die eindstryd afreken met Don Westcott van Tzaneen. In die afdeling vir mans tussen 40 en 49 jaar was Shamier Cassims van Polokwane te sterk vir Bertus Guillaume van Soutpansberg.
Die toernooi is vanjaar geborg deur LiN Media, die maatskappy wat verskeie onafhanklike koerante in die Limpopo provinsie verteenwoordig. Die ander borge was Premier Auto, Rodney Cooper en SAB. Die klub het ‘n spesiale woord van dank gerig aan die borge wat bygedra het tot die sukses van die toernooi.
Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

ADVERTISEMENT:
