ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se Richard Lambert het die afgelope naweek sy droogte vanaf die podium gebreek met ‘n welverdiende eerste plek in die Junior seuns-afdeling van die Tour de Lake.

Triegies gemaklik voor op Spur XCO-punteleer

 

Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsryers het die afgelope naweek hulle beste vertoning nog gelewer in die 2018 Spur XCO-skoleliga en steeds beklee die skool ‘n gemaklike eerste plek op die provinsiale punteleer in die liga.

Die Triegie-span het Saterdag, 1 September, Lentedag by Stanford Lake College gaan vier met hulle deelname aan die derde ronde van die provinsiale skoleliga, die Tour de Lake. “Individueel het ons fietsryers baie goed gevaar en goeie punte vir die span gemaak,” het die skool gesê. Sowat 350 kinders het deelgeneem.

Triegies se Richard Lambert het gesorg vir ‘n hoendervleis eindpoging om naelskraaps eerste te eindig in die junior seuns-afdeling, en dit nogal met ‘n geleende fiets. Lambert, wat die seisoen ingegaan het as gunsteling om die junior-afdeling te beklink, kon voor die Tour de Lake nog nie ‘n podium plek inpalm nie. Dit was egter nie weens ‘n tekort aan vermoë nie, maar weliswaar tegniese probleme met sy fiets. Lambert sal verseker ook tydens die laaste ronde van die provinsiale liga, die Tour de Maroela op Ellisras op 15 September, sy visier plaas op ‘n eerste plek.

Intussen is Triegies se Jennavieve Truter nog onoorwonne in haar ouderdomsgroep, die Youth-afdeling vir meisies, met nog ‘n eerste plek by Stanford die naweek. Ook sy sal ernstig probeer om dit vier-in-‘n-ry te maak op Ellisras.

Ander Triegies was podiumplekke ingepalm het, was Christelle Coetzer met ‘n goeie tweede plek in die meisies Junior-afdeling, terwyl Eliz-Mari Pretorius ‘n derde plek behaal in die Youth meisies-afdeling.

Buiten vir bogenoemde, was daar 11 Triegie ryers wat Top 10 posisies ingepalm het. Hulle was Vossie van Zyl (Junior meisies) en Michelle Steyn (Sub-Junior meisies) wat elke ‘n vierde plek losgery het, terwyl Calvin Lee (Youth seuns) en Danelle Venter (Sub-Junior meisies) vyfde plekke ingepalm het. Ditau Mandobe (Junior seuns) en Rohan Cronjé (Youth seuns) het sesde plekke ingepalm, Zoe Lubbe (Junior meisies) ‘n sewende plek en Herman Veldman (Sub-Junior seuns), Dominique Nel (Youth meisies) en Suné Beukes (Junior meisies) agste plekke. De Wet du Toit (Youth seuns) was tiende.

Wat Laerskool Louis Trichardt se jong ryers betref, was daar ook ‘n paar uitblinkers. Cara Bruce (Sub-Nipper meisies) spog met ‘n eerste plek, terwyl broer Aiden Bruce in dieselfde afdeling vir seuns 11de was. Jessica Taylor (Sub-Junior meisies) het ‘n derde plek losgery. In dieselfde afdeling was Mieke Veldman vierde.

In die afdeling vir meisies Sprogs was Eleen Furstenburg vierde, met spanmaat Catelyn de Beer sewende. Brendan Bruce het ‘n sesde plek in die seuns Sprogs-afdeling ingepalm, met spanmaats Matthew Lee, Daniel Lee en Jacques Crafford onderskeidelik 14de, 15de en 19de. Peroux du Preez het 15de in die seuns Nipper-afdeling geëindig, met spanmaats Nicolas Archer en Wian Bezuidenhout onderskeidelik 19de en 21ste. In die afdeling vir Sub-Junior seuns was Jacques du Preez sesde en Keegan Mocke 18de.

Tans loop Hoërskool Louis Trichardt se fietsryspan voor in die liga met 418 punte. Stanford Lake is tweede met 336 punte en PHS derde met 293. Laerskool Louis Trichardt lê vierde op die punteleer met 210 punte. Oosskool is eerste met 537 punte, Unicorn tweede met 303 punte en Duiwelskloof derde met 231 punte.

Sport - Date: 07 September 2018

Recent Articles

Search for a story:

 

Triegie se Christelle Coetzer het ‘n goeie tweede plek in die meisies Junior-afdeling is tydens die naweek se Tour de Lake verower.

Ná drie ligabepalings is Hoërskool Louis Trichardt se Jennavieve Truter steeds onoorwonne in die Youth meisies-afdeling van die provinsiale Spur XCO-skoleliga. Sy het weer haar ouderdomsgroep tydens die naweek se Tour de Lake gewen.

Eliz-Mari Pretorius van Hoërskool Louis Trichardt in aksie tydens die naweek se Tour de Lake. Sy het algeheel derde in die Youth meisies-afdeling klaargemaak.

Laerskool Louis Trichardt se jong fietsryers wat die afgelope Top 10 plekke losgery het tydens die Tour de Lake. Voor, van links na regs, is Cara Bruce (1ste), Brendan Bruce (6de) en Eleen Furstenburg (4de). Agter is Jessica Taylor (3de) Catelyn de Beer (7de) en Mieke Veldman (4de).

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: