ADVERTISEMENT:

 

MAC se mnr. Follie van Zyl wat gekies is as visepresident van die Blou Bulle Rugby-unie.

Follie is BBRU se vise-president

 

Sport  Date: 15 December 2006

 

Bekende sakeman en sportadministreerder van Musina mnr. Follie van Zyl is onbestrede verkies tot vise-president van die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU).

Van Zyl is besturende direkteur van die onderneming Messina Associated Carriers (MAC) en president van die MAC Musina Rugbyklub.

Die klub het hom gelukgewens en sê dit is ‘n uitsonderlike prestasie. Die klub sê met sy insette sal rugby in die Limpopo en Blou Bulle net van krag tot krag gaan.

Die president van die Blou Bulle, mnr. Boet Fick, het ook sy persoonlike gelukwensing aan Van Zyl oorgedra. Hy het gesê die verkiesing is erkenning vir Van Zyl se persoonlike bydrae tot rugby in Limpopo.

Intussen is ook aangekondig dat die voorsitter van die MAC Musina Rugbyklub, mnr. Werner Engelbrecht, as voorsitter van die Vhembe sub-unie verkies is. Die sub-unie sal weer volgende jaar aan die sub-uniale toernooi deelneem en die bestuur is reeds besig met hul beplanning en samesprekings met voornemende borge vir die span.

MAC Musina Rugbyklub is ook reeds besig met beplanning vir die nuwe seisoen. Die klub is van voorneme om volgende jaar voort te bou op sy welslae in 2006. Al drie die klub se spanne het tot die halfeindrondtes deurgedring. Mnr. Gideon van Zyl bly die afrigter van die klub.

Die klub het reeds met sy oefenprogram begin en het verskeie nuwe aanwinste wat hulle by die klub aangesluit het. Sy eerste vriendskaplike wedstryde is in die middel van Februarie 2007. Die jaarlikse MAC Grenfell-dag sal weer op 24 Maart plaasvind.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines