ADVERTISEMENT:

 

In die foto is die spannetjie, saam met CP van Wyk en Laerskool Levubu se afrigter en waarnemende hoof, mev. Schalcha Erasmus. Die kinders in die fietsryspan is (nie in die volgorde wat hulle staan nie): Karina Swanepoel, Caleb de Vos, Mashiane Mojapelo, Leander Schoerie, Albert Swanepoel, Henru Snyman, Xandrich Schoerie, Thahani Rahlani, Isla Campbell en Khano Ramabulana.

CP help Levubu se jong fietsryers

 

CP van Wyk, professionele fietsryer van Team Insect Science, het verlede week besoek afgelê by Laerskool Levubu. Hy het onder meer die skool se fietsryertjies getrakteer met ‘n afrigtingsessie.

Volgens die skool se waarnemende hoof, mev. Schalcha Erasmus, was CP se passie vir fietsry aansteeklik en waardeer hulle sy ywer om fietsry in sy tuisgemeenskap te bevorder. “CP het heerlik saam met ons span deur Levubu se boorde gery. CP het aan elke ryertjie ‘n ‘Sterkte met die Fietsry’ boodskapkaartjie oorhandig om hul te motiveer met hul heel eerste fietsryseisoen,” het sy gesê.

Laerskool Levubu gaan hierdie jaar vir die eerste keer deelneem aan die Spur Skole Bergfietsreeks. 

Die skool het CP bedank vir die moeite wat hy met die jong fietsryers gedoen het. “Ons bedank ook graag Shaunn en Lizelle Venter vir hulle afrigting en reëlings van borge vir die fietsryspan,” het die skool laat weet.

Sport - Date: 13 June 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: