ADVERTISEMENT:

 

Van die Louis Trichardt-groep wat die amper 100 km vanaf die Baobab-tolplaza na die Capricorn-tolplaza aangedurf het. Foto: Anna Cartwright.

Plaaslike trappers bring hul kant tydens Brug-na-Berg

 

‘n Groot aantal plaaslike fietsryers van beide Louis Trichardt en Musina het die Saterdag, 19 Oktober, weer lekker gesweet tydens hul deelname aan die gewilde Brug-na-Berg fietsrit.

Die fietsrit behels dat groepe fietsryers in een dag die roete vanaf Beitbrug tot by Kaapstad aandurf. Gelukkig hoef fietsryers darem nie die hele tog vanaf Beitbrug tot in die Kaap te ry nie. Elke groepie voltooi net die deel van die roete wat naby aan hulle is en gerieflik is. Fietsryers hoef ook natuurlik nie die hele roete (watter een hulle ook al gekies het) te voltooi nie, en kan enige tyd stop as hulle te moeg raak. Die fietsrit word aangebied as ‘n gratis, informele ontspanningsrit en vorm nie deel van enige amptelike beheerliggaam nie.

In die Soutpansberg was die Musina-groep verantwoordelik vir die trap vanaf Beitbrug tot by die Baobab-tolplaza oor ‘n afstand van net meer as 55 km. Die Louis Trichardt-groep was op hulle beurt verantwoordelik vir die lang pad vanaf die Baobab-tolplaza tot by die Capricorn-tolplaza (‘n afstand van ongeveer 100 km) waar die Polokwane groep weer oorgeneem het. Die Musina-groep het bestaan uit ryers Dawie Lubbe, Jacques Lubbe, Ben Esterhuizen, Shaun en Jackie O ’Callaghan, John Whitaker, Suné de Swardt en Waldo Strijdom. Die groep van Louis Trichardt het bestaan uit Clint Howes, Daan Terblanche, Cameron Murray, Andani Raphalalani, Werner van Horsten, Stanley Thompson, Jandré van Jaarsveld, Henda van Horsten, Christelle Coetzer, Vossie van Zyl, Eliz-Marie Pretorius, Andra Thompson, Shaun de Beer, Trevor De Beer en Dillon Rossouw.

Volgens die 78-jarige oom Jakkie van der Colff, hooforganiseerder van die Brug-na-Berg, het die rit nie net ten doel om fietsry as sport, en veral gesinsport, te bevorder nie, maar ook om mense bewus te maak van fietsryveiligheid. ‘n Veilige afstand van 1,5 meter tussen voertuie en fietsryers moet te alle tye gehandhaaf word. “Dit het ook ten doel gehad om die fokus te plaas op liggaamlike en geestelik fiksheid. Dit is die rede hoekom ek begin fietsry het, om my te genees van die depressie waaraan ek gely het,” het oom Jakkie gesê.

Een van die plaaslike organiseerders, Stanley Thompson, het ná afloop van die rit almal bedank wat die moeite gedoen het om daaraan deel te neem. Hy het ook almal bedank wat die ondersteuningsvoertuie bestuur het en verseker het dat al die fietsryers veilig by hulle bestemming uitkom. “Sonder julle sou die rit op die N1 glad nie moontlik gewees het nie,” het Stanley gesê.

 

Sport - Date: 26 September 2020

Recent Articles

Search for a story:

 

Van die Musina-groep wat die pad vanaf die Beitbrug grenspos na die Baobab-tolplaza aangepak het. Foto: Anna Cartwright.

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: