ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto.

Weer tyd vir gewilde Hanglip 54

 

Een van die streek se grootste toernooie op die gholfkalender, die jaarlikse Hanglip 54-toernooi, word weer vanaf 7 tot 9 Oktober deur die Soutpansberg Gholfklub in Louis Trichard aangebied, nadat dit vroeër vanjaar weens Covid-19 inperking uitgestel moes word.

Vanjaar se kompetisie het ‘n veld van 106 inskrywings getrek, met die fokus wat weereens op besoekende spelers sal wees. Volgens klubpresident Inus Steyn bestaan die veld uit sowat 35% besoekers. Die bekende “Klerksdorp” groep sal ook weer daar wees, alhoewel hulle vanjaar net 16 spelers saambring.

Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ’n beterbal Stableford-kompetisie meeding. Elke dag lewer dus twee wenners op. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele Stableford-telling oor al drie dae aanteken.

Wat die drie dae se kompetisie betref, word die eerste dag se spel vanjaar geborg deur die klub self. Spar Louis Trichardt is die borg van die tweede dag se spel, met NTT Toyota Louis Trichardt wat die derde dag se spel borg. Die “perdeveiling”, wat nou al sinoniem geword het met die Hanglip 54, het reeds Woensdagaand hierdie week plaasgevind, waar mense die kans gekry het om te bie op die spelers wat hulle dink die beste gaan vaar tydens die drie-dae-lange toernooi.

 

Sport - Date: 07 October 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: