ADVERTISEMENT:

 

Anton Pretorius (regs) is op Saterdag, 27 November, tydens die Soutpansberg Gholfklub se jaarlikse prysuitdeling aangewys as die klub se Sportman van die Jaar. Saam met hom staan klubkaptein Ryno Gerber. Foto verskaf.

Gholfklub wys top spelers aan

 

Anton Pretorius is op 27 November tydens die Soutpansberg Gholfklub se jaarlikse prysuitdelingsfunksie aangewys as die klub se Sportman van die Jaar.

Erna van der Heyde het op haar beurt weggestap met die trofee as Sportvrou van die Jaar, terwyl Ruben Potgieter aangewys is as die klubs se Ambassadeur van die Jaar. Zagrys Nortjé was die mees toegewyde speler, terwyl Jaco Coetser die Rookie van die Jaar was.

Braam Dekker was die klub se Eclectic-wenner vir 2021. Hy deel die trofee met dr. Khathu Magwede met Magwede wat ook die beste vordering die afgelope jaar getoon het.

Brink Schlesinger stap weg met die trofee as enkels uitklopkampioen. Die dubbels uitklopkampioene was Marnus van Heerden en Bernie Poolman met Kobus Barkhuizen junior wat die setwerk uitklopkampioen was. Die klub se dubbel uitklopwenners in die plaat-afdeling vir 2021 was Anrich Leeb en Christian Mocke, terwyl Suwil Rudolph die enkels uitklopwenner in die plaat-afdeling was.

 

 

Sport - Date: 09 December 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: