

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 May 2013
Aanvanklike inligting dat die man wat op LMB Makhado gearresteer op ‘n klagte van moord ‘n luitenant is, is nie waar nie.
Die onthulling is verlede Donderdag, tydens die man se hofverskyning, gemaak. Die 27-jarige Thema Skosana, of Roos soos baie hom ken, word daarvan verdink dat hy Aluwani Phale (21), vermoor het. Hy is gearresteer kort nadat Phale se liggaam op 7 April in ‘n swembad in die Braambos-behuisingsarea op LMB Makhado gevind is.
Skosana is sedertdien in polisie-aanhouding. Aanvanklike inligting vanaf die polisie wou dit gehad het dat Skosana ‘n luitenant in diens van die Makhado LMB is. Die basisbevelvoerder, brig. genl. Schalk van Heerden, het verlede Vrydag ook skriftelik bevestig dat Skosana nie ‘n lid is van die Suid-Afrikaanse Weermag, Suid Afrikaanse Lugmag of LMB Makhado nie. Skosana is ook nie, volgens Van Heerden, ‘n inwoner van die Braambos-behuisingsarea nie.
Volgens polisie-inligting was Skosana die oorledene se kêrel. Sy is die afgelope naweek begrawe. Phale het ten tye van haar dood haar matriekjaar voltooi by die Maneledzi Hoërskool in Madombidzha.
Skosana se saak is ná sy hofverskyning verlede week uitgestel tot 24 Mei, wanneer hy na verwagting ‘n borgaansoek sal bring. Hy sal in aanhouding bly tot dan.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
