Oud Recce kom praat

From: 07 April 2017 at 18:00 PM

Location: Turbi Hills Shellhole, Burgerstraat 66, LTT

Details:

Die MOTHs in Louis Trichardt nooi alle inwoners met ‘n liefde vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis, veral die Bosoorlog in Angola, uit om op 7 April te kom luister na oud-weermagmajoor in die spesiale magte Wynand du Toit.

Veral ouer inwo­ners sal Du Toit goed onthou. Hy is tydens ‘n mislukte militêre operasie, Operasie Argon, in Mei 1985 in Angola gevang­ene geneem. Twee van sy makkers is tydens ‘n vuurgeveg doodgeskiet. Du Toit is vir 837 dae in isolasie in ‘n Angolese tronk aangehou. Hy is uiteindelik in September 1987 vrygelaat, na ‘n uitruilooreenkoms. Du Toit is uitgeruil vir twee ANC lede en 133 Angolese soldate. Ná sy vrylating het Du Toit verskeie boeke oor sy ervaring geskryf, insluitend Judasbok en Judaskleed.

Inwoners word uitgenooi om na Du Toit te kom luister by die Turbi Hills Shellhole te Burgerstraat 66. Die tyd is 18:00 en die drag is informeel. Geen toegangsfooi sal gevra word nie. Ná die tyd sal daar lekker saam gebraai word. Braaipakkies sal verkoop word en vure, pap en sous sal voorsien word. 

Vir meer inligting, skakel Alan Odendaal 083 660 2472 of Len van der Walt 072 223 1954.

Contact Person: Alan Odendaal

Tel: 083 660 2472

Upcoming events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)