NG Levubu Baber en Karp Bonanza

From: 29 April 2017

Location: Beja Hengeloord, Albasinidam

Details:

Die NG Kerk Levubu bied op 29 April weer hul baie gewilde Baber en Karp Bonanza by die Beja Hengeloord by die Albasinidam aan.

Die formaat van die kompetisie het vanjaar ietwat verander, met drie spesies wat vanjaar geteiken word. Die spesies is baber, karp en swartbaars.

Die swartbaarskompetisie is slegs op die 29ste, met R4 500 in prysgeld. Die baber en karp kompetisie duur vanaf 07:00 op 29 April tot 12:00 op 30 April, met R10 000 prysgeld vir elke spesie. Een van die groot trekpleisters na vanjaar se kompetisie is die R25 000 wat enige persoon, hetsy hulle visvang of net ‘n kaartjie gekoop het, kan wen. Die trekking van ‘n wenner se naam vind om 12:00 op 30 April plaas.

Vir navrae oor die kompetisie, skakel Carel Pretorius by tel. 083 417 5903. Wat verblyf betref, kan Myke Vosloo geskakel word by tel. 084 483 0341.

Contact Person: Carel Pretorius

Tel: 083 417 5909

Upcoming events

Lag saam met Susan Coetzer
Start: 26 May
BJV Junior Pret Skietdag
Where: Franzhoek Skietbaan, Messina pas voor Hendrik Verwoerd-tonnels
Start: 27 May  (08:00 AM)
Ons Tuiste Mini-verkoping
Where: Ons Tuiste Ouetehuis, LTT
Start: 27 May  (08:00 AM)
SPCA Trivia Evening
Start: 01 Jun
Bespreek 'n stalletjie
Where: NG Soutpansberg, LTT
Start: 03 Jun
NG Boerebasaar
Where: NG Kerk Soutpansberg, LTT
Start: 03 Jun  (08:00 AM)
Gesamentlike gebedsaksie
Where: Laerskool Louis Trichardt Skoolsaal, LTT
Start: 04 Jun  (15:00 PM)
End:  04 Jun  (17:00 PM)