AGS vier 100 Jaar

From: 09 June 2017 at 18:30 PM

Location: AGS Charisma, Louis Trichardt

Details:

Die AGS Charisma in Louis Trichardt is baie opgewonde om hulle 100ste bestaansjaar te vier!

“Ons dank die Here vir 100 jaar in Louis Trichardt en nooi ieder en elkeen om deel te neem aan ons feesvieringe!” nooi die gemeente.

As deel van die feesvieringe beplan die gemeente heelwat aktiwiteite.

Op 9 Junie om 18:30 sal Louis Britz by die gemeente te 70 Munnikstraat optree. Kaartjies kos R100 per persoon en verversings sal te koop wees. Dit word opgevolg met ‘n semi-formele dinee (driegang-maaltyd met musiek) op 10 Junie. Kaartjies hiervoor kos R50 per persoon. Daar sal beide die 9de en 10de voorsiening gemaak word vir toesig vir kinders onder 12 teen R5 per aand. ‘n Eie kospakkie moet egter voorsien word. Vir kaartjies, skakel Ronel by die kerkkantoor by tel. 015 516 0486 of past. Leonie Meyfarth by 084 219 4406.

Die naweek sal afgesluit word met dr. Isak Burger wat op 11 Junie die oggenddiens by die gemeente sal behartig. Almal is welkom en verversing sal na afloop van die diens in die kerksaal bedien word. 

Past. Leonie kan ook vir algemene navrae geskakel word.

Contact Person: Ronel

Tel: 015 516 0486

Upcoming events

Kookkos en pannekoek te koop
Where: Laat Lente en Herfsakker
Start: 28 Mar  (10:00 AM)
End:  28 Mar  (14:00 PM)
Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57
Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub
Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 06 Apr  (09:00 AM)
End:  06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO
Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)