BJV VIVO-SKIETDAG

From: 23 September 2017 at 08:00 AM

Until: 23 September 2017 at 16:00 PM

Location: Vivo

Details:

Die Bosveld Jagtersvereniging se Soutpansberg-tak nooi die streek se skuts na hul volgende skietdag op Saterdag, 23 September, op Vivo. Die skietdag sal tel vir die tak se Skut van die Jaar-kompetisie.

Die skietdag begin om 08:00 en duur tot 15:00. Daar sal vier bane geskiet word, naamlik langbaan (50 m tot 200 m), boslaan (25 m tot 50 m), .22-baan (20 m tot 40 m) en ‘n pistoolbaan (10 m). Skuts sal 25 senterslag rondtes, vyftien .22-rondte en 10 handwapen rondtes benodig.

Deelname kos R50 per persoon en is gratis vir kinders. Medaljes kan gewen word. Let asseblief daarop dat eie eet- en drinkgoed voorsien moet word.

Vanaf Louis Trichardt, ry of die Vivo-pad tot by die kruising in Vivo. Gaan reguit oor vir sowat15 km tot by Wouter van Amstell se plaashek. Daar staan ‘n trekker op ‘n stellasie.

Vir meer inligting, skakel Jannie van Zyl by tel. 072 081 6340.

Contact Person: Jannie van Zyl

Tel: 072 081 6340

Upcoming events

ERIC LOUW GHOLFDAG
Where: Musina Gholfklub
Start: 28 Oct  (07:00 AM)
End:  28 Oct  (18:00 PM)
BOEREMARKDAG
Where: Hoƫrskool Eric Louw
Start: 28 Oct  (09:00 AM)
End:  28 Oct  (22:00 PM)
AFRIDUETFEES
Where: Bolivia Lodge, Polokwane
Start: 03 Nov  (18:00 PM)
End:  03 Nov  (23:00 PM)
REMEMBRANCE DAY
Where: Turbi Hills Shellhole, Louis Trichardt
Start: 12 Nov  (10:30 AM)
End:  12 Nov  (13:00 PM)
JINGLE TOY RIDE
Where: Louis Trichardt
Start: 01 Dec  (18:00 PM)
End:  01 Dec  (20:00 PM)