Levubu Classic Gholfdag

From: 07 June 2019 at 08:00 AM

Until: 07 June 2019 at 18:00 PM

Location: Soutpansberg Gholfklub, Louis Trichardt

Details:

Die NG Kerk Levubu-gemeente bied op Vrydag, 7 Junie, weer hulle baie gewilde gholfdag, die Levubu Gholf Classic, by die Soutpansberg Gholfklub aan.

Die formaat van die kompetisie is ‘n vierbal alliansie (scramble drive) en groot pryse is op die spel. Dit sluit twee tweeslaapkamer eenhede by Sun Vacation Club (Sun City) vir agt volwassenes en vier kinders in. Wenners het ‘n keuse van drie nagte oor ‘n naweek of vier nagte “mid-week”. Buiten vir bogenoemde prys, is daar ook R100 000 te wen vir die speler wat ‘n volmaakte kolhou op die sesde putjie slaan.

Vir meer inligting en inskrywings, skakel Michelle van Tonder by tel. 082 921 8954.

Contact Person: Michelle van Tonder

Tel: 082 921 8954

Upcoming events

Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57
Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub
Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 06 Apr  (09:00 AM)
End:  06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO
Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May