NG Levubu Basaar

From: 07 September 2019 at 08:00 AM

Until: 07 September 2019 at 20:00 PM

Location: NG Kerk Levubu

Details:

Die NG Kerk Levubu-gemeente nooi oud en jonk om saam met hulle te kom feesvier tydens hulle jaarlikse basaar op 7 September.

“Bring jou gesin en geniet saam die Baster en Bella vertoning vir kinders gratis om 11:00! Daar is ook gratis speletjies, perdry, gesigverf, ‘n treintjie en nog vele meer vir die kinders op die dag!” sê die gemeente.

Heerlike eetgoed om van te kies en keur sal verkoop word, insluitend hamburgers, kerrie-en-rys, stokworsies, pannekoek, vetkoek, roosterkoek, wafels en roomys, asook ander lekkernye vir groot en klein.

“Moenie die vars broodstalletjie mis nie en dan natuurlik die tradisionele groente en vrugte, vleis en ons voortreflike koektafel!  Hierdie jaar voeg ons by ’n ‘In-’n-bottel’- stalletjie waar die dames van Levubu nie gaan terughou met die inlê en maak van konfyte en alles wat mens in ’n bottel kan sit nie! Ons Local-is-lekker stalletjie beloof om ‘n uitstappie na Levubu absoluut die moeite werd te maak met alles wat ‘local’ en lekker is van LEVUBU teen baie goeie pryse!” sê die gemeente. 

Vir meer inligting skakel Luzaan 072 292 1240 of Leenke 084 443 2666.

Contact Person: Luzaan

Tel: 072 292 1240

Upcoming events

Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun