BIVVY-AAND BY BOMGAT - Gekanselleer weens algehele inperking

From: 04 April 2020

Until: 04 April 2020 at 17:00 PM

Location: Turbi Hills Bomgat te 66 Burgerstraat

Details:

Gekanselleer weens algehele inperking

Alle oud-soldate word uitgenooi na ‘n aand van samesyn by die MOTH se Turbi Hills Bomgat in Louis Trichardt op Saterdag, 4 April.
“Kom geniet ‘n lekker grens-aandete saam met ou vriende, so bring jou dixie en fire bucket saam. Daar is basiese kampgeriewe beskikbaar, so bring jou bivvy saam as jy wil oorslaap. Ontbyt sal ook beskikbaar wees die volgende oggend,” het die manne van die Turbi Hills Bomgat genooi.
Vir die dorstiges sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees, asook ‘n tombola met pryse.
Die feestelikhede begin vanaf 17:00 by die Turbi Hills Bomgat te 66 Burgerstraat. Die kroeg sal egter reeds vanaf 09:00 oop wees. Die drag is ou, gemaklike uniformstukke of eenheiddrag, as dit nog pas!

Upcoming events

SCHYFFONTEIN SKIETDAG - Gekanselleer weens algehele inperking
Where: Schyffontein Praktiese Skietklub
Start: 11 Apr
End:  11 Apr  (08:30 AM)
SPCA GOLF DAY
Where: Soutpansberg golfklub
Start: 25 Apr
End:  25 Apr
GROOT MAKIE­TIE BASAAR
Where: Ons Tuiste Ouetehuis
Start: 30 May
End:  30 May  (08:00 AM)
KREMETART CYCLE RACES
Where: Louis Trichardt
Start: 06 Jun
End:  06 Jun