Dopperfees

From: 03 September 2022 at 08:00 AM

Location: Die Gereformeerde Kerk

Details:

Die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt bied op Saterdag,  3 September, vanjaar weer hulle uiters gewilde Dopperfees op die kerkterrein aan.
Verrigtinge begin om 08:00 en oudergewoonte sal inwoners die geleentheid hê om allerlei heerlikhede teen sakpaspryse aan te skaf en sommer ook hulleself te geniet.
Vanjaar word die uitsoeksosaties waarvoor die fees bekend geword het deur die jare, weer aangebied. Dan is daar nog die gewone kerrie-en-rys, jaffels, pannekoek, stokworse, hamburgers en skyfies, plante, vrugte en groente, vleis, biltong en gebak, asook pap en kaiings vir dié wat daarvoor lus het. ‘n Handwerktafel waar tuisgemaakte produkte verkoop sal word, beloof daardie iets spesiaal. Vir die kleinspan word die baie gewilde treintjie, asook die springkasteel, speletjies en waterkaskenades aangebied om hulle besig te hou terwyl ma en pa die kosvoorrade aanvul.
Kom geniet ‘n ontspanne, pret-gevulde dag saam met die gemeente!

Upcoming events

Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57
Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub
Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 06 Apr  (09:00 AM)
End:  06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO
Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May