ADVERTISEMENT:

 

Wat sou die motief vir kritiek wees?

 

Letters  Date: 10 October 2014

 

Maak seker dat fiksheidsentrums voldoen aan die nodige vereistes” Zoutpansberger 3/10/2014 verwys:
Dit is nogal interessant dat die luidste kritiek teen inisiatiewe by Hoërskool Louis Trichardt, en van die “fiksheidsentrum”  in die laaste tyd kom van persone wie eerder hulle kinders na ander skole in ander dorpe stuur, as om die plaaslike gemeenkap te ondersteun in hulle pogings. Of wat self te traag is om van die rusbank op te staan om te oefen.
Ek het ‘n sterk vermoede dat Anoniem in een of albei van hierdie kategorieë val. Dit laat mens wonder wat die motief hiervoor sou wees, dalk om jou eie optrede te regverdig?

- Ferreira Nel
Makhado (Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines