ADVERTISEMENT:

 

Moenie hulle probeer “help” deur hulle in hul kwaad te sterk nie

 

Letters  Date: 26 September 2014

 

“He has a right to criticize, who has a heart to help.” – Abraham Lincoln.

Baie waar woorde inderdaad, mits dit reg geïnterpreteer word. Beteken die woord “help” om al agter rommelstrooiers aan te loop en hulle gemors voortdurend op te tel, of om onverantwoordelike werkers wat in diens van ons is, die gemeenskap, se laksheid maar net gelate te aanvaar? ‘n Blinde oog te hê vir al die ander ongeregtighede om ons? Dit lyk vir my meer na hulp “van die wal af in die sloot”!

 “Give a man a fish and you feed him for a day. Teach a man to fish and you will feed him for life” – Sjinese gesegde.

Miskien het dit tyd geword dat ons wakker word uit die droomwêreld waarin ons leef … tyd geword om die werklikheid in die gesig te staar en die realiteite om ons raak te sien vir wat dit werklik is (deur op te hou om gedurig “polities korrek” te probeer wees)!

So, as jy so graag positief wil wees en wil help, moenie ophou om hulle te probeer opvoed nie!  (Soos ons onderwysers elke dag doen). Vergeet die woorde: “Ag, wat sal dit tog help…” Onthou, Moenie hulle probeer “help” deur hulle te sterk in hulle kwaad nie.

“The only thing necessary for the triumph of evil, is for good men to do nothing.” – Edmund Burke.

- Keelvol-vir-Nuwe-Suid-Afrika (Makhado / Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines