

ADVERTISEMENT:

Letters Date: 12 September 2014
Insake die Zoutpansberger voorblad van 4 September 2014.
Ons gemeenskap het nog altyd rede gehad om trots te wees op ons dorpskoerant, maar dit is met groot teleurstelling wat ek laas week se voorbladartikel gesien het.
Al was die berig seersekerlik feitelik korrek, het die voorbladfoto my baie ontstel. Ek voel dat die foto onnodig brutaal en onsensitief was teenoor die beseerde en haar familie en kennisse.
Ons is ‘n klein gemeenskap, ons ken mekaar by die naam – as ons nie vir mekaar kan omgee en beskerm nie, het ons iets van ons kultuur en tradisie verloor.
- Leonie Meyfarth (Makhado / Louis Trichardt)

ADVERTISEMENT:
