ADVERTISEMENT:

 

Moenie toe oë deur die lewe gaan nie

 

Letters  Date: 19 September 2014

 

Na aanleiding van berigte wat in laasweek en voorverlede week se Zoutpansberger verskyn het, voel ek om ‘n saak wat my al lank al pla, aan te roer.

Ten eerste wil ek die onderwy­sers, ouers en leerlinge van beide Laerskool en Hoërskool Louis Trichardt, wat die inisiatief geneem het om ‘n poging aan te wend om ons dorp, wat soos ‘n ashoop met Job bo-op lyk, te probeer red, baie, baie dankie sê. Ons is trots op julle.

Kan ons as huisbewoners, sakemanne wat winkels en eiendom het, net voor elkeen se huis, of winkel, gaan staan en kyk? Watse indruk maak jou erf en winkel op jou? Ongeverfde hekke, bossies langs die draad, bourommel, afgesaagde boomstompe ensovoorts. As elkeen van ons net voor ons eie deur skoonmaak, sal ons dorp baie beter lyk, asook die industriële gebied. As dit jou geld kos om die munisipaliteit se gemors weg te ry – heg die kwitansie aan jou kragrekening, trek dit af en gee dit persoonlik aan jou “municipal manager”. Kom ons as gemeenskap staan saam en maak mooi, groot asseblief.

Tweede saak wat my pla is dat mense nog wil lewe in die verlede ... slaap in die rus van die eeue gesus, ongesiens, ongestoord. Beriggewing oor mev. Botha se plaasaanval – Onsensitiwiteit? Dit is wat werklik in ons lewens aangaan om ons. Ons moet die “spade a spade” noem en die werklikheid in die oë staar. Ons kan nie meer praat asof ons met babatjies praat nie. Dit is harde feite. Goed gedoen, Zoutpansberger. Dalk skrik ons mense wakker om meer paraat te wees.

- Tokkie Engelbrecht (Makhado / Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines