ADVERTISEMENT:

 

“As al ons bestuurders maar net só wil bid”

 

Letters  Date: 06 November 2014

 

Toe ek agter dié voertuig op pad na Louis Trichardt vanaf Musina intrek, vang my oog die skrywe agterop die bak.

My eerste gedagte was: Wat ‘n gebed! Laat ek kyk of die bestuurder dit handhaaf.

Vir 30 kilometer het ek net die volgende beleef: Nie een keer het die bestuurder vinniger as 85 km/u gery nie; hy het te alle tye die verkeer op die pad saam met hom in ag geneem, die nodige seine verskaf wanneer dit veilig was om verby te steek en wanneer dit nie veilig was nie; en sy padgedrag het gewys dat hy te alle tye binne die padreëls bly en vinniger verkeer respekteer.

Die logo op die sykant van die trok is Witklip Landgoed, sonder enige kontakdetail. ’n Internet-soektog het ook niks positiefs opgelewer nie, want dit is werklik die moeite werd om sulke optrede by die eienaars aan te prys.

My laaste gedagte was – hoe sou die land se paaie gelyk het as elkeen die boodskap en liefde van daardie gebed “uitgery” het.

- Carel Breytenbach (Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines