ADVERTISEMENT:

 

Spaar julle families hartseer hierdie Kersseisoen en kom veilig terug

 

Letters  Date: 04 December 2014

 

Dit is Maandagoggend, 1 Desember. Ek word wakker en ek besef die voorreg om na 12 jaar ‘n boodskap te bring aan die plaaslike gemeenskap.

Eerstens, om my dank uit te spreek teenoor my God, my Saligmaker, Redder en Geneser.  Twee­dens, my dank aan die gemeenskap wat my opgedra het in hul gebede en wat my bygestaan het. As u sou onthou, was ek in ‘n fratsongeluk met ‘n vurkhyser en het ten volle herstel. Die voorreg is so groot dat God my die geleentheid gespaar het om my tweelingkinders die geleentheid te kan gee om my sakeonderneming oor te neem en hul touwys te maak.

Die gebeure 12 jaar gelede het plaasgevind oor die Kerstyd, daarom is my boodskap in hierdie tyd: Gaan die Kerstyd in en wees versigtig. Spaar jou familie en vriende hartseer, sodat elkeen kan terugkeer huiswaarts met liefde en geluk om 2015 met vreugde in te gaan. Vertrou op God, plaas Hom in beheer, en kom veilig tuis. Twyfel nooit aan God se liefde, genade, beskerming, leiding en opregtheid nie.

My beste wense aan ieder en elk wie God liefhet. Kom ons geniet almal saam 2015.

- Ronnie Sutherland (Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines