ADVERTISEMENT:

 

“Waarom moet ons dan bang wees om só ‘n gesprek by te woon?”

 

Letters  Date: 05 February 2015

 

Na aanleiding van die pleitbrief van Riaan Britz waarin hy ons vra om nie die debat oor Christus se goddelikheid by te woon nie: Ek aanvaar Britz se opregtheid en goeie bedoelings. Ek gaan egter steeds die debat bywoon en om die volgende redes:

Iemand in wie die Heilige Gees werk en Christus bely, sal nie, soos Britz beweer, “sy kerk en geloof verlaat” nie. Niemand wat Christus eenmaal persoonlik ken, kan ooit weer sy geloof vir iets anders verruil nie. Filippense 1:6: Omdat “Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit ook sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (1933-vert).

Die debat gaan nie oor wat die Qur’an of Moslems oor Jesus sê nie, maar uitsluitlik oor wat volgens die evangelies Jesus self oor sy goddelikheid sê, en die evangelies is baie duidelik daaroor.

Daar word verwag dat ‘n paar honderd Moslems teenwoordig sal wees, van wie sommige dalk nog nooit vantevore die evangelie gehoor het nie. Die evangelie is “ ‘n krag van God tot saligheid” (Rom 1:16, 1933-vert.) Waarvoor moet ons dan bang wees? Ons word deur die lewende Woord van God wedergebore (1 Petr 1:23). Baie Moslems het ook al deur daardie Woord die Here Jesus leer ken, sommige selfs op grond van wat hulle in dergelike debatte gehoor het. Aan die ander kant het geen ware Christengelowige nog ooit sy rug op die Here Jesus gedraai nie (1 Joh 2:19).

Daarom kan ek nie broeder Britz se versoek aanvaar nie. Met die Woord van God, die swaard van die Gees in die hand, hoef ons nie weg te hardloop nie.

- Mede-Christen

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines