ADVERTISEMENT:

 

“Christenskap is ‘n wandeling in die ewige lig, wat gedeel moet word”

 

Letters  Date: 05 February 2015

 

Die Goddelikheid van Jesus Christus is reeds eeue terug deur die gelowiges as ‘n Bybelse feit bevestig, maar baie mense sal in die hel beland omdat hulle Hom nie as Heer en Verlosser ken nie (Mattheüs 7:21-23).

Dit is baie wys om versigtig te wees met ewigheidsake, daarom het elkeen die verantwoordelikheid om Bybelse feite te ondersoek en te bevestig. Christenskap is nie gebaseer op blindelingse aanvaarding van hoorsê nie, maar op ‘n voortdu­rende wandel in die lig. Daarom tree ons op soos ‘n siende mens wat ‘n blinde keer om nie oor ‘n afgrond te stort nie, en nie soos ‘n dokter wat gif drink om dié wat vergiftig is te red nie.

Om die Godheid van die Here Jesus Christus te debateer is nie ‘n oefening in doellose strydvrae nie, dit is ‘n goue geleentheid om die Evangelie van ons God en Verlosser te verkondig. In sy brief het Riaan Brits verskeie Bybelverse aangehaal waarin Paulus gelowiges waarsku teen eindelose en nuttelose strydvrae onder mekaar. Maar Paulus het ook vir Timotheüs aangemoedig om te “weerlê, bestraf” en te “vermaan in alle lankmoedigheid” (2 Timotheüs 4:2).

Dit is ‘n belediging vir enige herder van ‘n gemeente om voor te stel dat enige debat ware Christene van die geloof sal laat wegdraai. Saterdag se debat handel nie oor die kruistogte of dergelike vrae wat vir meeste Christene onduidelik is nie, dit gaan oor die fondasie van ons geloof: Jesus Christus is God! Hierdie feit is nie ‘n geloofstryd vir enige ware gelowige nie, en is nie gebaseer op die uitkoms van ‘n debat of van algemene opinie nie. Jesus Christus is die Hoof van die kerk en daarom kan Paulus sê: “…ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is die krag van God tot redding…”. Enige gelowige wat hierdie waarheid begryp sal dit van die huisdakke af verkondig.

Kom laat ons die geleentheid Saterdag gebruik om onsself in te lig en ons geloof te versterk.

- David Frew (Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines