ADVERTISEMENT:

 

Debat was besonderse geleentheid

 

Letters  Date: 12 February 2015

 

Saterdagaand se debat oor die Godheid van die Here Jesus Christus was ‘n besondere opwin­dende geleentheid.

‘n Debat is gewoonlik ‘n akade­miese oefening waar opponerende partye hulle welsprekendheid, kennis van die onderwerp en redenaarsvernuf ten toon stel. Pastoor Paul Schlehlein beskik oor al die bogenoemde vaardighede, maar het op ‘n verbasende manier uit die staanspoor uit duidelik laat blyk dat hy waarlik besorgd is oor die geestelike welstand van sy opponent en almal teenwoordig.

Paul het sy besorgdheid gestaaf met die woorde van Jesus: “Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie [Jesus verwys hier na Sy Godheid] sal julle in julle sondes sterwe” (Johannes 8:24). Hy het sy vriendskap aangebied aan sy opponent, Maulana Abu Bakr Akoo, wat die Godheid van Jesus Christus ontken. Abu is goed opgelei in sy argumente en dit was duidelik dat hy sy geloof sou verloën en Moham­med en die Koran sou ontken as hy die Here Jesus Christus as God sou erken.

Die twee partye het daarom gesorg vir ‘n besonderse spanningsvolle debat - dit was uit persoonlike oortuiging gedoen. Die emosies in die vergadering het ‘n klimaks bereik toe die argumente gewentel het om die feite van die Drie-Eenheid en die twee nature van die Here Jesus Christus. Prof Koos van Rooy, die moderator, moes in ‘n stadium die gehoor maan om liefs kalm te bly in hulle staat van opgewondenheid.

Ek wil graag vir Paul bedank vir die kragtige verduideliking en Bybelse verdediging van die Godheid van Jesus Christus. Hy het bo alle twyfel bewys dat die Here Jesus Christus, God is. Ons sonde teen God is enorm groot, daarom het ons ‘n oneindige groot Verlosser nodig. Laat ons daarom in dankbaarheid in die almagtige Verlosser Jesus Christus - God self - glo vir redding.

- David Frew (Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines