ADVERTISEMENT:

 

Probleem kom in by die toepassing van die verkeerswetgewing

 

Letters  Date: 28 May 2015

 

Ek bly op die hoek van ‘n vierrigting kruising en by die dag raak dit net al hoe erger. Alle bevolkings­groepe ignoreer net eenvoudig die stopstrate. Dit het nou al so erg geword dat dit tot gevaarlik geword het om die wet te gehoorsaam en te stop want die mense druk vir jou toeter en die kans is goed dat iemand van agter af teen jou gaan vasry.

Tussen drie- en vyfuur in die oggende kom voertuie teen ‘n baie hoë spoed oor die stopstrate gejaag. Dit klink omtrent soos ‘n vliegtuig aanloopbaan en met vulstasies wat teenaan die pad geleë is, gaan daar nog ‘n groot tragedie plaasvind wanneer bestuurders beheer oor hul voertuie gaan verloor. Naweke is dit nog erger.

Ek dink die oplossing gaan wees om spoedwalle by stopstrate te sit, veral in Rissikstraat waar daar meer as een vulstasie geleë is. Rissikstraat word ook gesien as ‘n Formule 1-renbaan soos die mense vanaf Werda Motors se robot aangejaag kom en eers behoorlik tot stilstand kom by die N1 krui­sing.

Die munisipale verkeersafdeling kan gerus weekliks aan die koerant statistieke verskaf oor die hoeveelheid oortreders wat gevang is. Sou die verkeersafdeling spesifiek op hierdie oortreders net vir ‘n maand toeslaan, sal hierdie probleem baie minder wees.
Die probleem lê by die toepas­sing van die wet.

- Bekommerde inwoner, wat wel doodstop.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines