ADVERTISEMENT:

 

Jammer - Batho Pele werk net nie

 

Letters  Date: 04 June 2015

 

The term Batho Pele means ‘People First’. In this context, Batho Pele means putting other people first before considering your own needs/yourself. How? By identifying small but important things that can immediately improve the quality of service you provide to your customer.

My belewenis van Batho Pele:
Op Donderdagaand, 14 Mei, merk ek op die drukmeters, wat die inkomende munisipale water monitor, se druk baie laag is. ‘n Inspeksie Vrydagoggend bevestig dat die tenk nie volgeloop het nie.

Op Vrydag, 15 Mei, word geen water ontvang soggens of saans nie. Ons ontvang kuiergaste vir die naweek wat ekstra druk op die beskikbare water plaas, gesien in die lig dat geen water ingekom het die hele naweek nie.

Op 18, 19 en 20 Mei is daar steeds geen water nie, en die tenk is besig om leeg te raak.
Donderdag, 21 Mei, maak ek die eerste van vyf oproepe om 10:00 [na die munisipaliteit]. Dit word glad nie beantwoord nie.

Teen oproep ses word die oproep herlei na ’n uitbreiding, maar weer­eens geen antwoord nie. By oproep sewe antwoord ’n Afrikaanssprekende dametjie wat die oproep herlei na ’n uitbreiding – weer geen antwoord.

Oproep agt - die dame wat die skakelbord hanteer verskaf die vol­gende inligting: Skakel David by 082 941 8171.

Hoera, iets positiefs!

Ek skakel genoemde nommer. Die persoon antwoord nors en onhoorbaar. Na die derde probeerslag blyk dit David te wees.

Op my navraag of hy vir my ‘n water-aflewering  by my huis kan reël, antwoord hy positief. Ek noem aan hom dat ’n pyp van ongeveer 25 meter nodig gaan wees om die tenk mee vol te maak. Sy antwoord; “Sorry can’t help you, we don’t have a pipe that long.” Einde van die oproep.
Teen nou is die watersituasie benard, jy doen net die nodigste. Navrae toon dat verskeie bure in dieselfde posisie verkeer. Ek stuur ‘n SMS aan mnre. Wally Schultz, Brian du Plooy en Jacques Smalle.

Dit is Vrydag, 22 Mei, en steeds het niks gebeur nie - geen water nie, nie ’n druppel nie, en ek begin drastiese planne maak.

Op Saterdag, 23 Mei, laai ek ‘n 500l tenk op my bakkie. Ek besoek een van die handelaars wat besproei­ingstoerusting verskaf en stap R2 000 armer met die nodige pomp, pyp en passtukke daar uit.

By die huis gaan sit ek aanmekaar en net na 10:00 vat ek die pad na Hannes Wolmarans wat so ‘n paar kilometer buite die dorp boer. Hy het aangebied dat ek kan kom water haal. Ek pomp my tenk vol en laat waai terug dorp toe met die kosbare vrag.

Daar gekom merk ek dat ’n mu­nisipale vragmotor besig is om water af te lewer twee huise van my huis af. By navraag blyk dit toe wel: “Sorry, can’t help you, we don’t have a pipe that long.” Wel, vieruur die middag het ek die vierde vrag water aangery en ingepomp - doodmoeg, vuil, maar ek het water vir my en my huis.

Ek is jammer, maar Batho Pele werk nie in Louis Trichardt nie en het nog nooit gewerk nie. Duisend dankies, Hannes Wolmarans. (Brief verkort – Red)

- Carel Breytenbach (Louis Trichardt).

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines