ADVERTISEMENT:

 

Dit was ‘n wonderlike en uitstekend georganiseerde Inni Berg Fees

 

Letters  Date: 06 August 2015

 

Meneer Hannes Badenhorst en mede-lede van die Bestuurs­liggaam en Feeskomitee CVO Zoutpansberg.

Baie dankie vir ‘n wonderlike en uitstekende georganiseerde Inni Berg Fees, aangebied gedurende die naweek van 31 Julie en 1 Augustus.

Die netheid van die feesterrein, die verskeidenheid van uitstallings en die heerlike, vriendelike gees het ‘n mens onmiddellik opgeval en beïndruk. Die kwaliteit van die kunstenaars en hulle aanbiedinge het ons meelewend gehad en baie opgewonde.

Dit is heerlik gewees om te sien hoe ‘n gemeenskap bymekaar gebring word deur so ‘n fees en die beste van goeie verhoudinge uitgebou word. Die fees het ons almal positief gemotiveer, laat opmerk dat daar baie positiewe dinge in ons omgewing is, veral die besondere menseverhoudinge binne die gemeenskap.

Baie dankie vir elkeen se bydrae om die fees so aangenaam, netjies en gedissiplineerd aan te bied. Ons sien uit na volgende jaar se fees en sal dit dan ook ‘n voorkeurdatum in ons dagboeke wees.

- André en Martie Naudé 
(Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines