ADVERTISEMENT:

 

Hoekom word oproepe na polisie­stasies nie op band opgeneem nie?

 

Letters  Date: 13 August 2015

 

In die groot stede neem die SAPD alle telefoongesprekke en radioberigte op band op. Dit word vir ‘n aantal jare gestoor en dan vernietig. Dit kan later dien as bewysstukke in hofsake of klagtes teen die polisie.

Hoekom kan dit nie in kleiner dorpe ook so wees nie? Dan sal die publiek mos bewyse hê wanneer hulle foonoproepe nie reg hanteer word nie, of wanneer die fone soos baie kere glad nie eers geantwoord word nie. Natuurlik sal dit ook die SAPD beskerm indien die publiek vals klagtes teen hulle wil lê.

Dan sal die stasiebevelvoerder ook sien hoekom die publiek eerder die dorpswag skakel.

- Anoniem

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines