ADVERTISEMENT:

 

“Sonlig is dan ook ‘n wonderwerk”

 

Letters  Date: 22 October 2015

 

Met verwysing na die Weg, Waarheid en die Lewe-kolom wat in verlede week se Zoutpansberger verskyn het, waarin die wonder van reën uitgelig word, die volgende:

Slaan Openbaring 16:3 na. Die see verander in bloed. Wat gaan dit dan reën? Water of bloed? Openba­ring 16:4 gee skynbaar die antwoord; die riviere en waterbronne word ook bloed. Watse wonderwerk is dit? Dit kan net met afsku bejeën word.

Die genoemde beskrywing is gelukkig eindtyd­verwysings. Dus kan dit net oor ten minste 50 miljoen jaar van nou af gebeur, indien ooit.

Waarom sê ek so?

Sien Openbaring 18, die Val van Babilon gekoppel aan die eindtyd. Slaan in Google na hoe Babilon tans lyk ... net bouvalle en daar was nog geen Dag van die Here nie. Dus bly daar nog een profetiese moontlikheid oor vir die eindtyd om plaas te vind ... die son moet uitdoof. Openba­ring 21:23.

Slaan na op Google wat die verwagte oorblywende sonligtydperk is. Ten minste 50 miljoen jaar van nou af en meer.

As reën dan ‘n natuurlike wonderwerk van God is dan moet die sonleeftyd ook ‘n natuurlike wonderwerk van God wees.

- Franz M. B Jäckel, Bluegums­poort, Soutpansberg

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines