

ADVERTISEMENT:

Letters Date: 21 January 2016
Mnr. Dawie Bezuidenhout, ‘n leser van Louis Trichardt, het navraag gedoen oor die betekenis van die naam Songozwi. Die geskiedenis rondom Songozwi is in ‘n artikel twee weke gelede uitgelig, maar mnr. Bezuidenhout was nuuskierig oor waarna die woord verwys. Volgens hom het hy vroeër jare gehoor dat die woord beteken “plek van die valke” of “plek van die arende”.
Ons het prof. Koos van Rooy, bekende taalkundige, genader om meer inligting. Prof. Van Rooy is een van die mees gerespekteerde kenners wat die Venda taal betref.
Volgens Prof. Van Rooy verwys die woord “songozwi” (soms gespel as “sunguzwi “) veel eerder na die grotte wat in die berg naby Hanglip (Songozwi) gevind kan word. Die aksie om in ‘n grot in te gaan word deur die Venda idiofoon uitgedruk as “sunguvhe”. Dit word ook afgekort as “sungi”. Die tweede deel van die woord “nzwii” verwys na iets wat stil en donker is.
Die betekenis van die woord is waarskynlik ‘n verwysing na die ingang van ‘n donker grot.

ADVERTISEMENT:
