ADVERTISEMENT:

 

“Dalk het dit tyd geword vir nuwe slagspreuk of twee”

 

Letters  Date: 25 February 2016

 

Ek lees vir oulaas “Kan jy dit drink?” in die Zoutpansberger van 19 Februarie, voordat ek die Soutpansberg finaal totsiens sê.

Wat die Vhembe Munisipaliteit se antwoord op neerkom, is in kort net dit:

* As munisipaliteit beskik ons nie oor die bestuursvermoë of die kennis of die bevoegdheid om die waterprobleem aan te spreek;

* Julle moet nou maar verlief neem dat beurtwater en vuilwater deel van julle leefwyse gaan word;

* Ons maak wat ons wil. Solank ons ons salarisse en verhogings kry, het ons vrede met julle probleme. AfriForum met hulle hofdreigemente is maar net soos ‘n lastige brommer; en

* Ons lewe op PLANEET VHEMBE – ‘n deel van die PLANEET ZUMA-konstellasie. Onaantasbaar.

Ja, en ongelukkig geld dit dieselfde vir Makhado Munisipaliteit:

Sommige strate in die dorp word wel herbou, maar die bourommel, los klippe en hope grond in die nuwe strate word net so gelaat.

* Slaggate neem oorhand toe. Herstel bly agterweë;

* Riolering bly maar een van die brandpunte in die dorp;

* Spoedbrekers se waarskuwende verf word nie onderhou nie;

* Sypaadjies is oorgroei en in ’n haglike toestand. Jy kan enige tyd ’n mamba of pofadder verwag;

* Louis Trichardt as dorp in sy geheel is vuil, liederlik vuil en ‘n stank hang baie dae oor die nywerheidsgebied waar die riool so mildelik gestort word; en

* Verkeersoortredings in Planeet Makhado is ‘n nagmerrie. Selfs die polisie en provinsiale verkeer neem deel met hulle warm Volkswagens aan versnelling uitdagings met die dorp se jong bestuurders.  ’n Sekere straat is nogal berug daarvoor en moet liewer saans vermy word.

Planeet MAKHADO nog een van die ZUMA konstellasie? So by my kool. Tyd vir ’n nuwe slagspreuk of twee … #VhembeMunicipalityMustFall en #MakhadoMunicipalityMustFall

- Carel Breytenbach, Louis Trichardt

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines